首页 | 本学科首页   官方微博 | 高级检索  
     


Ontwikkeling van lignien in themeda triandra,cymbopogon plurinodis en eragrostis lehmanniana
Authors:L. Viljoen  B. R. Roberts
Affiliation:Fakulteit van Lanbou , Universiteit van die Oranje‐Vrystaat , Bloemfontein
Abstract:Uittreksel

‘n Ondersoek is uitgevoer om die hoeveelheid en verspreiding van lignien in drie grassoorte na te gaan. Twee klimaksgrasse, Themeda triandra, en Cymbopogon plurinodis en een pioniergtas, Eragrostis lehmanniana is gebruik. Monsteis van die grassoorte se blare is gedurende vier groeistadiums geneem en monsters van die stingels is gedurende vier groeistadiums by twee posisies op die stingel geneem. Gekleurde snitte is van die blare en stingels gemaak en die persentasie lignien van elke snit is bepaal. Die lignieninhoud van die blare en stingels van Themeda, Cymbopogon en Eragrostis vermeerder namate die plant ouer word. Die blare en stingels van Eragrostis besit gedurende die meeste stadiums meer lignien as die blare en stingels van Themeda en Cymbopogon.
Keywords:
设为首页 | 免责声明 | 关于勤云 | 加入收藏

Copyright©北京勤云科技发展有限公司  京ICP备09084417号