首页 | 本学科首页   官方微博 | 高级检索  
     检索      


Anthephora pubescens nees
Authors:C H Donaldson  D M Kelk  K N West
Institution:1. Vaalharts Research Station , Jan Kempdorp, C.P.;2. Roodeplaat Res. Sta. , Pretoria
Abstract:Grondwaterherverspreiding vind vinnig in die hele grondprofiel van drie subhabitatte nl. Eragrostis pallens, Ochna pulchra en Grewia flavescens van ‘n Burkea‐savanna plaas. Na ‘n reënbui van 50 mm herversprei water binne 12 uur tot op ‘n diepte van 90 cm in ‘n sandgrond wat as die Chesterserie van die Huttonvorm geklassifiseer is. In die E. pallens en O. pulchra subhabitatte vind wateropname hoofsaaklik in die boonste 60 cm van die grondprofiel plaas terwyl vog vrylik beskikbaar is in die ondergrond selfs in die droogste maande nl. Junie, Julie en selfs Augustus. In die G. flavescens subhabitat vind wateropname deur die hele grondprofiel plaas tot op ‘n diepte van 120 cm. Die G. flavescens subhabitat blyk meer onderhewig aan vogstremminge te wees.
Keywords:
设为首页 | 免责声明 | 关于勤云 | 加入收藏

Copyright©北京勤云科技发展有限公司  京ICP备09084417号