首页 | 本学科首页   官方微博 | 高级检索  
相似文献
 共查询到20条相似文献,搜索用时 31 毫秒
1.
UITTREKSEL

‘n Proef is uitgevoer om die uitwerking van ‘n hoë veedigtheid vir ‘n kort periode op die benutting van 11 spesies in die Sentrale Hoër Karoo te bepaal. Benutting is bepaal deur die droë massa van 50 plante per spesie voor en na beweiding te vergelyk. Die resultate het getoon dat die persentasie benutting van 12,9 tot 89,0 persent gewissel het. Beweiding met ‘n hoë veedigtheid vir ‘n kort periode word nie gesien as ‘n geskikte benuttingspraktyk vir die betrokke veld nie.  相似文献   

2.
Die resultate van ‘n studie van die reaksie van twee belangrike eenjarige weidingsgrasse van Suidwes‐Afrika, Schmidtia kalahariensis en Enneapogon cenchroides, teenoor verskillende omgewingsfaktore word gerapporteer. Verskille tussen die twee spesies ten opsigte van ligenergievereistes, lengte van die lewensiklus, voedingsbehoeftes, smaaklikheid (veroorsaak deur suurafskeidmg) en ontkiemingseienskappe is uitgewys. Dit is moontlik om hierdie verskille in verband te bring met die natuurlike verspreiding van die twee spesies.  相似文献   

3.
Uittreksel

Smutsvingergras‐ en oulandsgrashooi is by drie bemestingspeile, naamlik 30 kg N + 2,8 kg P ha‐1; 90 kg N + 8,3 kg P ha‐1 en 150 kg N + 13,8 kg P ha‐1 geproduseer. Die hooi is in alle voorgenoemde gevalle op twee verskillende stadia gesny, naamlik gedurende die pypstadium en gedurende die vroeë volwasse stadium (sodra bloeiwyses oopgegaan het).

Die hooi wat in alle voorgenoemde behandelings gesny is, is aan groepe skape op ‘n kafeteriastelsel gevoer om voorkeurinname te bepaal. Soortgelyke hooi is ook aan individuele skape gevoer om inname te bepaal.

Die resultate het aangedui dat skape deurgaans ‘n voorkeur aan Smutsvingergrashooi, bo oulandsgrashooi gegee het. Die verband tussen bemesting, snystadium en inname kon nie duidelik uit die resultate bepaal word nie. ‘n Verband tussen hoër in‐vitro verteerbaarheid en hoër fosforinhoud met inname kon uit die resultate afgelei word.

Die gebruik van oulandsgras as hooigewas is ‘n algemene praktyk, maar Smutsvingergras kan ook op grond van bevindinge in hierdie ondersoek as hooigewas vir skape aanbeveel word.  相似文献   

4.
Uittreksel

In hierdie studie is ondersoek ingestel na die invloed van vier belankrike bosveldbome, naamlik, Acacia Senegal, Acacia tortilis, Boscia albitrunca en Combretum apiculatum op die verspreiding en en produktiwiteit van Panicum maximum.

Die studie is in twee fases uitgevoer: deur middel van veldproewe in die Laar‐ Krokodilrivier‐vallei, noord‐wes van Thabazimbi, en in die glasbuise van die Potchefstroomse Universiteit.

In die veld is opnames deur middel van strookpersele uitgevoer om die verspreiding van Panicum maximum in assosiasie met bogenoemde boomsoorte na te gaan.

In die glasbuise is die groeivermoë van Panicum maximum in grondmonsters wat onder die vier boomsoorte versamel is met dié van grondmonsters wat in oop dele versamel is vergelyk. Die invloed van ligte graad van beskaduïng en twee verskillende vogpeile op die groeivermoë van die proef plante is ter‐selfdertyd ondersoek.

‘n Proef is ook uitgevoer om die groeivermoë van Panicum maximum by toedienings van verskillende peile N, P en K by grond wat in oop dele versamel is te ondersoek.  相似文献   

5.
Obituaries     
Uittreksel

Die groeifunksies benodig vir die simulasie van produksie van ‘n Themeda triandra‐grasveld met behulp van die PUTU 11 simulasiemodel is ontwikkel. Vir die ontwikkeling van die model is die veldproduksiedata van die 1980/81 groeiseisoen gebruik waarna dit suksesvol, vir drie groeiseisoene met uiteenlopende klimaatstoestande, getoets is. In die model is koolhidraatverdeling tussen verskillende plantdele gesimuleer deur van verskillende funksies vir elke groeistadium gebruik te maak. Die hipotese is gestel dat die verskillende plantdele na ‘ n gewenste massaverhouding tot die totale plantmassa streef deur die translokasie van koolhidrate. ‘n Beperkte maksimum tempo van translokasie in en uit plantdele is gestel. Die werklike translokasietempo verander sigmoidaal met die relatiewe massaverhoudingafwyking.  相似文献   

6.
Uittreksel

Plantopnames is gedurende 1970 tot 1985 in die Kalahari‐duineveld (Acocks, 1975; Veldtipe no. 16a4) op die proefboerdery‐eenheid Massakloutjie in Noordwes‐Kaapland onderneem. Reënval het gedurende die proefperiode gewissel tussen 111 mm (1982–83) en 593 mm (1973–74). Die totale basale plantebedekking het gevarieer van 2,39 % (1983) tot 6,17 % (1977). Die voorkoms van periodes met hoë en lae reënval word weerspieël in die botaniese samestelling van die duineveld.

Groep A spesies (afnemers/hooggewenstes) vorm die dominante komponent (tot 90 %) gedurende ‘n droë siklus, weens ‘n groter droogtebestandheid. In ‘n nat siklus vermeerder die Groep B, C en D spesies (toenemers/minder gewenstes en onge‐wenstes) vinniger as die Groep A spesies en maak tot soveel as 50 % van die botaniese samestelling uit. Weens die sikliese aard van die botaniese samestelling (relatiewe bedekking) vorm absolute bedekking van spesiegroepe ‘n meer betroubare maatstaf van relatiewe veldtoestand as botaniese samestelling. Geskikte plantopnametegnieke vir die Kalahari‐duineveld word be‐spreek. Daar is aangetoon dat onder ‘n realistiese veelading ‘n ekonomies vatbare veeboerdery in die duineveld bedryf kan word, sonder dat die hulpbron beskadig word.  相似文献   

7.
Uittreksel

‘n Proef is uitgevoer om vas te stel wat die onmiddellike uitwerking van intensiewe beweiding op die plante‐groci, die proefdicre (Merino‐ooie) en die grand oppervlakte is. Twaalf proefkampe is gebruik en bewei teen ‘n vcebelading van 20 skaap per morg vir 14 of 15‐dae periodes per kamp. Die vernaamste resultate hot gewys dat die skape in staat was om die bodem‐, kroon, en kvoonuitgestrektheidsbedekkings betekenis‐vol te verminder. Die verskillende spesies is nie in dieselfde mate afgevreet nie. Die vertrapping en ver‐steuring van die grondoppervlakte en voetpadvorming was die mees opsigtelike kenmerk na intensiewe beweiding. In hierdie stadium word dit beskou as die grootste nadeel van die toepassing van hierdie beweidingsmetode. Geen nadelige nitwerking kon op die proefdiere bespeur word nie.  相似文献   

8.
Uittreksel

Die gebrek aan voer in die semi‐ariede en ariede gebiede van Suid‐Afrika kan aangevul word deur droogte‐voergewasse wat aangepas is om die beperkte vog in hierdie gebiede beter te benut. ‘n Literatuur oorsig in die verband tesame met ‘n volledige bespreking van die aanplant, bestuur, benutting en voedingswaarde van doringlose turksvye (Opuntia spp.) en oumansoutbos (A triplex nummularia), wat tans belangrike droogte voergewasse is, word gegee. ‘n Aanduiding van ander moontlike droogtevoergewasse word gegee.  相似文献   

9.
Uittreksel

‘n Statistlesbeplande veldherwinningsproef word tans in ‘n droogtebeskadigde gebied van die Soetbosveld van Transvaal uitgevoer op ontblote veld met ‘n gemiddelde reënval van 475 mm (19 duim) per jaar. Een aspek wat on‐dersoek word, is die invloed van verskillende grondbehandelings op die vestiging en produktiwiteit van ingesaaide grasse. Na afloop van die eerste groeiseisoen is 10 persent van al die behandelde bane gemonster om sowel die vestiging en hooi‐opbrengs as die plantkundige samestelling te bepaal. Die verskeie behandelings het verskillende in‐vloede op die vestiging, produktiwiteit en samestelling van die graspopulasies op die behandelde bane gehad. Behandelings wat behels het: insaai van saad, en òf losmaak van die grond òf voorsiening van ‘n bedekking van gekapte takke, het die voordeligste uitwerking gehad.  相似文献   

10.
Uittreksel

Vier veldstandtabelle is ontwikkel en kortliks beskryf vir die insameling van gegewens vir ordening van spesies en stande in Mopanie‐veld. Kortliks is aangedui watter tipe gegewens ingewin is en die manier waarop dit gedoen is. Dit is belangrik dat die gegewens van ‘n uitgebreide opname binne ‘n redelike tyd ingesamel kan word. Die tabelle wat ge‐bruik word most die nodige inligting in logiese en sistematiese volgorde verskaf, sodat dit maklik opgesom kan word in ‘n finale standtabel op ‘n kaart wat bewaar word.  相似文献   

11.
Uittreksel

Die uitbreidingspotensiaal van aangeplante weiding in die Vrystaatstreek is ondersoek. Die potensiaalomskrywing is gedoen aan die hand van klimatologiese oorwegings, beskikbaarheid van grond en die winsgewendheid van aangeplante weiding teen‐oor veld, mielie‐ en koringproduksie.

Die ondersoek toon aan dat daar aansienlike potensiaal vir die uitbreiding van aangeplante weiding bestaan sover dit die reenval en beskikbare grondoppervlakte aanbetref. Voorts is dit duidelik dat dit nie ekonomies geregverdig is om veld in ‘n redelike toestand vir aangeplante weiding om te ploeg nie. Dit word betwyfel of dit winsgewend is om marginale lande van koring‐ en mielieverbouing te onttrek en met aangeplante grasweidings te vestig waar gemiddelde en onder gemiddelde bestuur toegepas word. Droëlandlusern, benut deur wolskape en melkkoeie, en sorghums benut deur melkkoeie, blyk ekonomies geregverdig op marginale lande te wees.  相似文献   

12.
‘n Ondersoek op Stellenbosch met die oog op die moontlike benutting van eeniarige Medicago‐spesies in die sommerreëngebied word gerapporteer. In ‘n proef onder gekontroleerde toestande het langdagtoestande blominisiasi vervroeg en opbrengs verhoog, maar nie tot dieselfde mate by alle spesies en cultivars me. In ‘n someraanplanting onder besproeiing het dit geblyk dat spesies en cultivars ook in kouebehoefte vir blominisiasie verskil. Onder somerverbouing het beide gevoeligheid teenoor daglengte en kouebehoefte ‘n rol by opbrengs gespeel. Vroeë cultivars van Medicago truncatula en M. littoralis met min of geen kouebehoefte het normaal gegroei gedurende die somer en goeie opbrengste gelewer. Dit word besluit dat hierdie spesies behoorlik in die somerreëngebied getoets behoort te word.  相似文献   

13.
Uittreksel

Daar bestaan ‘n dringende behoefte aan ekonomies geregverdigde kostes wat as riglyne kan dien vir bosbeheer in die Molopo‐gebied. In hierdie referaat word so ‘n bedrag beraam.

Navorsing het bewys dat bosverdigting, benutbare veldproduksie vir beeste laat afneem met ongeveer 970 kg droe materiaal per hektaar. Dit het ‘n afname in weidingskapasiteit van 8,7ha/GVE tot 45,8 ha/GVE tot gevolg.

Met hierdie inligting as uitgangspunt, is ‘n ekonomiese ontleding van bosbeheer teen verskillende bosdigthede gedoen.

Inkomste (11,76 %) en koste (15,68 %) is jaarliks vir 20 jaar aangepas en is vir dieselfde periode verdiskonteer na netto huidige waarde teen ‘n koers van 12 %. ’n Rekenaarmodel is ontwikkel om te bepaal hoeveel koste aangegaan kan word om bos teen verskillende digthede en oor verskillende effektiewe behandelingsleeftye te beheer.  相似文献   

14.
Uittreksel

‘n Literatuuroorsig oor die gebruikswaarde van tropiese grassse as staande hooi, in die winter, word voorsien. Die invloed van klimaat op die keuse van spesies en bestuur van die grasse, gedurende die voorafgaande groeiseisoen, word bespreek. Meer onlangse gegewens oor die gebruik van Digitaria eriantha (Smutsvingergras) as staande hooi in die semi‐ariede gebied van Wes‐Transvaal word verskaf. Uit hierdie gegewens blyk dit dat Smutsvingergras ‘n belangrike rol kan speel in die oorwintering van diere.  相似文献   

15.
Uittreksel

Bogrondse droë massa‐opbrengste (DM) van Medicago truncatula, cvv. Cyprus en Jemalong, M. aculeata var. inermis, cv. SA 4438, M. orbicularis, cv. SA 2552 en M. rugosa, cv. Paragosa wat op ses verskillende datums gevestig is, is in ‘n veldproef onder besproeiing bepaal. Die plantdatums was c. 15 dae gespasieer, vanaf middel Februarie tot einde April, DM is op drie stadiums bepaal naamlik drie weke na opkoms, begin blomstadium en met die aanvang van peulverkleuring toe finale DM ongeveer bereik is. Uiteindelik is peul‐ en saadopbrengs ook bepaal.

Die DM op drie weke het in alle gevalle sterk afgeneem namate later geplant is en die temperature gedaal het, terwyl die opbrengs met blom en peulverkleuring grootliks bepaal is deur die tydsverloop vanaf plant tot die betrokke stadiums. Die gemiddelde finale DM oor die ses plantings was 11,5; 10,7; 8,4; 6,7 en 5,0 t/ha vir Jamalong, SA 4438, Cyprus, Paragosa en SA 2552 onderskeidelik. Die gemiddelde saadopbrengste het gewissel van 650 kg/ha by Paragosa tot 2460 kg by SA 2552.  相似文献   

16.
Uittreksel

Acacia karroo‐indringing is ‘n ernstige ekologiese probleem in sekere veldtipes in Suid‐Afrika. Die groei‐en habitatsvereistes van A. karroo is voorheen nie in besonderhede bestudeer nie. Hierdie referaat handel oor ‘n outekologiese studie van die A. karroo‐saailing. Groei‐analises dui aan dat die saailing deur ‘n lae groeitempo gekenmerk word en dat dit baie gevoelig vir temperatuurskommelings is, maar dat ligintensiteit ‘n minder belangrike ekologiese faktor is. Die saailing is besonder gevoelig vir uitdroging en dit word aan‐gevoer dat onder veldtoestande, gunstige vogtoestande oor ‘n lang tydperk tesame met hoë temperature die belangriksle vestigingvereistes is. ‘n Moontlike temperatuurgrens vir die vestiging van A. karroo word bespreek en dit word gedemonstreer dat die gemiddelde temperatuurklimaat van dele wat aan A. kurroo‐indringing onderhewig is, baie na aan hierdie grens is. A. karroo‐indringing kan moontlik aan ‘n tempera‐tuurverskuiwing of aan verswakke graskompelisie toegeskryf word.  相似文献   

17.
Die waarskynlike optimum makrovoedingselementpeile vir Cenchrus ciliaris cv. Molopo, in dpm, deur middel van sandkultuurstudies bepaal, is: N‐140, P‐31, K‐130, S‐6, Ca‐20 en Mg‐5. Die cultivar is die gevoeligste vir tekorte aan N, P, K en S. Hoë Ca‐ (600 dpm) en Na‐konsentrasies (500 dpm by opkomende saailinge en 1 000 dpn. na die 4‐blaarstadium) het verlaagde produksie (in die geval van Ca en Na) en hoë saailingverliese (in die geval van Na) tot gevolg gehad. N, P en moontlik ook S, is die beperkende elemente tot verhoogde produksie op ‘n grond van die Bontbergserie (Huttonvorm). In die Vivo‐Dendron‐omgewing is DM‐opbrengs betekenisvol verhoog deur N, maar nie deur P nie. Grondbewerking tussen die rye het DM‐opbrengs betekenisvol vanaf die tweede groeiseisoen op droëland verhoog, maar nie onder besproeiing nie.  相似文献   

18.
Uittreksel

‘n Oorhoofse roterende rcënvalnabootscr is gebruik orn numericse waardes vir sekere faktore van die universele gronderosi‐evcrgelyking vas te stel. Alhocwei dit tydens hierdie Studie nodig was om sekere belangrike aannames te maak, het die afgeleide data betekenisvol ooreengestem met die reënvalnabootserrcsultate. Dit het veral betrckking op gronderodeerbaarheid en die bedekking en bestuursfaktor.

‘n Voorbeeld vir die gebruik van die universele gronderosievergelyking vir die beraming van grondverliese onder natuurlike veldtoestande, word uiteengesit. Die berekende grondverlies vanaf ‘n pioniergrasbedekking (2% basale bedekking) op ‘n Huttongrondvorm en ‘n 4% helling in die Sentrale Oranje‐Vrystaat, bedra tot 3,86 t/ha/jaar teenoor slegs 0,61 t/ha/jaar vanaf ‘n klimaksbedekking (6% basale bedekking) op dieselfdc helling en grondvorm. Die berekende grondverliese vanaf ‘n Hutton‐ en Valsriviergrondvorm het nie betekenisvol van mekaar verskil nie.  相似文献   

19.
Uittreksel

Die benutting van gespaarde suurveld skep praktiese probleme. As gevolg van die ontwikkeling van hoë proteien‐ en stikstoflekke is dit nou moontlik om gespaarde veld af te wei. Verslag word gedoen van proewe oor drie winters vvaar gespaarde suurveld, òf deur skape, òf deur beeste afgewei is. Hergroei op hierdie veld die daaropvolgende somer is vergelyk met die hergroei van veld wat in die winter lig bewei of gladnie bewei is nie en dan in die lente skoongebrand of skoongesny is. Waar bevveiding nie te straf was nie, is daar geen aanduiding dat skoonwei nadeliger was as enige behandeling wat lentebrand ingesluit het. Temperatuurlesings is geneem en grondvogbebepalings is gedoen op beweide en onbeweide veld. Dit is opgemerk dat veld wat vroeg in die winter afgewei is, vroeg die daaropvolgende lente bot.  相似文献   

20.
Uittreksel

Die bogrondse groei van Medicago truncatula, cvv. Cyprus en Jemalong, M. aculeata var. inermis, cv. SA 4438, M. orbicularis, pv. SA 2552 en M. rugosa, cv. Paragosa, afkomstig van ‘n besproeide veldproef, is vir ruproteïen en vir in vitro‐ verteerbaarheid ontleed. Die betrokke genotipes is op drie verskillende plantdatums, c. 30 dae gespasieer, van einde Februarie tot einde April, gevestig, en die gedroogde materiaal wat aan die begin van blomstadium en met die aanvang van peulverkleuring versamel is, is ontleed.

Met blom het die proteïeninhoud gewissel van 12,8% by Paragosa, wat swak genoduleerd was, tot 27,9% by SA 2552. Die gemiddelde was 21,3%. Op die peulverkleurstadium was die gemiddelde 15,2%, met ‘n wisseling van 8,5% by Paragosa tot 19,4% by SA 4438. Planttyd het feitlik geen invloed op die persentasie gehad nie. Wat proteïen‐produksie betref, was daar, met die uitsondering van Paragosa, ‘n duidelike positiewe verband tussen groeiperiode en hierdie parameter. SA 4438 met 2,3t/ha het die hoogste proteïenopbrengs op die peulverkleurstadium gelewer.

Die afgeleide verteerbaarheid op die blomstadium was gemiddeld 77,4%, met ‘n wisseling van 75,1% by SA 2552 tot 80,6% by Paragosa. Met peulverkleuring was die gemiddelde 67,9%, met ‘n wisseling van 64,9% by Cyprus tot 70,0% by SA 2552. Die invloed van plantdatum was gering.  相似文献   

设为首页 | 免责声明 | 关于勤云 | 加入收藏

Copyright©北京勤云科技发展有限公司  京ICP备09084417号