首页 | 本学科首页   官方微博 | 高级检索  
相似文献
 共查询到20条相似文献,搜索用时 62 毫秒
1.
Uittreksel

Die plantegroeiveranderinge in 32 persele van boesmangrasveld wat vir vier jaar volgens bepaalde jaargetye bewei is, is volgens die wydgepasiëerdepuntmetode bepaal. Daar is bevind dat die effek van beweiding gedurende die somermaande November, Desember en Januarie was om die starabedekking van beide Stipagrostis ciliata en S. obtusa te onderdruk. Die effek van beweiding gedurende die winter, Mei, Junie en Julie daarenteen was om die bedekking van S. ciliata te vermeerder.  相似文献   

2.
Digitaria eriantha subsp. pentzii (= D. decumbens), Cynodon nlemfuensis en “Coastcross II” (Cynodon‐Hibried) was met behulp van steggies gevestig is, en Chlorisgayana. Pennisetum clandestinum en Cynodon dactyton (Pasto Rico), wat met behulp van saad gevestig is, het die beste bedekkings‐waarde gedurende die seisoen van vestiging gelewer. Van die voormelde spesies het die basale bedekking van Chloris gayana, Pennisetum clandestinum, Cynodon dactylon (Pasto Rico) en Digitaria eriantha subsp. pentzii ( = D. decumbens) gedurende die vier jaar wat die proef geduur het, na bevredigende aanvanklike bedekking, toegeneem of minstens konstant gebly. Die beste vestiging is gedurende Desember verkry, terwyl aangetoon is dat ‘n bemesting van ten minste 120 kg N + 16 kg P/ha nodig is om ‘n goeie bedekking en produksie per ha gelewer.  相似文献   

3.
Uittreksel

Evapotranspirasie in drie plantgemeenskappe van ‘n R. trichotomum habitat, naamlik, suiwer gras, suiwer R. trichotomum en ‘n gemengde stand van R. trichotomum en gras is gedurende die 1985–86 groeiseisoen bestudeer. Drie persele van elke plantgemeenskap is hidrologies geisoleer, besproei en die grondwaterinhoud is oor tyd met ‘n neutronvogmeter gemeet. Evapotranspirasie is met behulp van die grond water balansvergelyking bereken.

Die grasgemeenskap het gedurende die groeiseisoen deurgaans meer water verbruik as die R. trichotomum gemeenskap. Die waterverbruik van ‘n digte stand R. trichotomum is wel hoog genoeg om die vestiging van grasse onder normale reënvaltoe‐stande feitlik onmoontlik te maak.

Die onderdrukkende effek van R. trichotomum op grasproduksie, asook van ‘n digte grasstand op die groei van R. trichotomum word bespreek.  相似文献   

4.
Uittreksel

In hierdie studie is ondersoek ingestel na die invloed van vier belankrike bosveldbome, naamlik, Acacia Senegal, Acacia tortilis, Boscia albitrunca en Combretum apiculatum op die verspreiding en en produktiwiteit van Panicum maximum.

Die studie is in twee fases uitgevoer: deur middel van veldproewe in die Laar‐ Krokodilrivier‐vallei, noord‐wes van Thabazimbi, en in die glasbuise van die Potchefstroomse Universiteit.

In die veld is opnames deur middel van strookpersele uitgevoer om die verspreiding van Panicum maximum in assosiasie met bogenoemde boomsoorte na te gaan.

In die glasbuise is die groeivermoë van Panicum maximum in grondmonsters wat onder die vier boomsoorte versamel is met dié van grondmonsters wat in oop dele versamel is vergelyk. Die invloed van ligte graad van beskaduïng en twee verskillende vogpeile op die groeivermoë van die proef plante is ter‐selfdertyd ondersoek.

‘n Proef is ook uitgevoer om die groeivermoë van Panicum maximum by toedienings van verskillende peile N, P en K by grond wat in oop dele versamel is te ondersoek.  相似文献   

5.
Obituaries     
Uittreksel

Die groeifunksies benodig vir die simulasie van produksie van ‘n Themeda triandra‐grasveld met behulp van die PUTU 11 simulasiemodel is ontwikkel. Vir die ontwikkeling van die model is die veldproduksiedata van die 1980/81 groeiseisoen gebruik waarna dit suksesvol, vir drie groeiseisoene met uiteenlopende klimaatstoestande, getoets is. In die model is koolhidraatverdeling tussen verskillende plantdele gesimuleer deur van verskillende funksies vir elke groeistadium gebruik te maak. Die hipotese is gestel dat die verskillende plantdele na ‘ n gewenste massaverhouding tot die totale plantmassa streef deur die translokasie van koolhidrate. ‘n Beperkte maksimum tempo van translokasie in en uit plantdele is gestel. Die werklike translokasietempo verander sigmoidaal met die relatiewe massaverhoudingafwyking.  相似文献   

6.
Uittreksel

‘n Proef is uitgevoer om die uitwerking van grondbewerking en die insaai van Eragrostis curvula op die plantkundige samestelling van erg‐vernielde veld vas te stel. Grondbewerking en insaaiing was uitgevoer vóór sowel as gedurende die reënseisoen. Die vernaamste resultate het aangedui dat grondbewerking vóór reën ‘n nadelige uitwerking op die veld het. Gedurende die reënseisoen kan ‘n tandimplement, in kombinasie met die insaai van E. curvula, suksesvol aangewend om erg‐vernielde veld te herbedek.  相似文献   

7.
Uittreksel

Smutsvingergras‐ en oulandsgrashooi is by drie bemestingspeile, naamlik 30 kg N + 2,8 kg P ha‐1; 90 kg N + 8,3 kg P ha‐1 en 150 kg N + 13,8 kg P ha‐1 geproduseer. Die hooi is in alle voorgenoemde gevalle op twee verskillende stadia gesny, naamlik gedurende die pypstadium en gedurende die vroeë volwasse stadium (sodra bloeiwyses oopgegaan het).

Die hooi wat in alle voorgenoemde behandelings gesny is, is aan groepe skape op ‘n kafeteriastelsel gevoer om voorkeurinname te bepaal. Soortgelyke hooi is ook aan individuele skape gevoer om inname te bepaal.

Die resultate het aangedui dat skape deurgaans ‘n voorkeur aan Smutsvingergrashooi, bo oulandsgrashooi gegee het. Die verband tussen bemesting, snystadium en inname kon nie duidelik uit die resultate bepaal word nie. ‘n Verband tussen hoër in‐vitro verteerbaarheid en hoër fosforinhoud met inname kon uit die resultate afgelei word.

Die gebruik van oulandsgras as hooigewas is ‘n algemene praktyk, maar Smutsvingergras kan ook op grond van bevindinge in hierdie ondersoek as hooigewas vir skape aanbeveel word.  相似文献   

8.
Uittreksel

‘n Literatuuroorsig oor die gebruikswaarde van tropiese grassse as staande hooi, in die winter, word voorsien. Die invloed van klimaat op die keuse van spesies en bestuur van die grasse, gedurende die voorafgaande groeiseisoen, word bespreek. Meer onlangse gegewens oor die gebruik van Digitaria eriantha (Smutsvingergras) as staande hooi in die semi‐ariede gebied van Wes‐Transvaal word verskaf. Uit hierdie gegewens blyk dit dat Smutsvingergras ‘n belangrike rol kan speel in die oorwintering van diere.  相似文献   

9.
Uittreksel

Plantopnames is gedurende 1970 tot 1985 in die Kalahari‐duineveld (Acocks, 1975; Veldtipe no. 16a4) op die proefboerdery‐eenheid Massakloutjie in Noordwes‐Kaapland onderneem. Reënval het gedurende die proefperiode gewissel tussen 111 mm (1982–83) en 593 mm (1973–74). Die totale basale plantebedekking het gevarieer van 2,39 % (1983) tot 6,17 % (1977). Die voorkoms van periodes met hoë en lae reënval word weerspieël in die botaniese samestelling van die duineveld.

Groep A spesies (afnemers/hooggewenstes) vorm die dominante komponent (tot 90 %) gedurende ‘n droë siklus, weens ‘n groter droogtebestandheid. In ‘n nat siklus vermeerder die Groep B, C en D spesies (toenemers/minder gewenstes en onge‐wenstes) vinniger as die Groep A spesies en maak tot soveel as 50 % van die botaniese samestelling uit. Weens die sikliese aard van die botaniese samestelling (relatiewe bedekking) vorm absolute bedekking van spesiegroepe ‘n meer betroubare maatstaf van relatiewe veldtoestand as botaniese samestelling. Geskikte plantopnametegnieke vir die Kalahari‐duineveld word be‐spreek. Daar is aangetoon dat onder ‘n realistiese veelading ‘n ekonomies vatbare veeboerdery in die duineveld bedryf kan word, sonder dat die hulpbron beskadig word.  相似文献   

10.
Uittreksel

Die produksie en kwaliteit van vyf spesies (Themeda triandra, Heteropogon contortus, Digitaria eriantha var. pentzii, Schmidtia pappophoroides en Eragrostis rigidior) is by verskillende frekwensies van ontblaring op ontbosde en onontbosde bosveld gemeet. In die daaropvolgende jaar is intensiteit bygebring met minder frekwensies en is die spesies na drie verminder (H. contortus, D. eriantha var. pentzii, en S. pappophoroides).

Ontbossing het by al die spesies, behalwe D. eriantha var. pentzii ’n hoogsbetekenisvolle verhoging in produksie tot gevolg gehad, sonder enige noemenswaardige invloed op kwaliteit.

Die spesies het verskil in hul reaksie op frekwensie van ontblaring, maar die 3‐ weeklikse en jaarlikse ontblarings het byna deurgaans swakker as die 6‐ en 9‐weeklikse onblarings presteer.

Alhoewel die spesies aanvanklik in twee groepe verdeel en aan verskillende stelle ontblaringsintensiteite onderwerp is, het die intensiteit wat 12 cm Stoppel laat, in alle gevalle die hoogste produksie gelewer.  相似文献   

11.
Die invloed van al die kombinasies van twee intensiteite (3 en 6 cm ontblaringshoogtes) en twee frekwensies (een en vier keer per jaar) van ontblaring, is onder drie verskillende vogbehandelings, onder natuurlike veldtoestande, vir die periode Julie 1978 tot Junie 1981, ondersoek. Die invloed van die vog‐ en ontblaringsbehandelings is geëvalueer in terme van die basale bedekking, botaniese samestelling, fitomassaproduksie en waterverbruiksdoeltreffendheid (WVD: Is die fitomassa geproduseer in verhouding tot die evapotranspirasie).

Die verskillende vogbehandelings waaraan die veld onderwerp is, het meegebring dat daar aan die einde van die 1980/81‐seisoen hoogs betekenisvolle verskille in basale bedekking en botaniese samestelling tussen die drie vogbehandelings voorgekom het.

Vog toon die grootste invloed op weiveldproduksie van al die veranderlikes wat toegepas is. Die intensieteit en frekwensie van ontblaring het die produksie tot ‘n mindere mate beinvloed.

Die waterverbruiksdoeltreffendheid van die grasse onder vogbehandeling 1, naamlik normale reënval, het toegeneem met ‘n afname in ontblaringsintensiteit. Onder vogbehandeling 2, naamlik optimale grondvogtoestande, neem die WVD van die grasse toe met ‘n toename in ontblaringsfrekwensie. Hoe strawwer ontblaar is (3 cm hoogte in plaas van 6 cm hoogte) onder optimale grondvogtoestande, hoe hoër is die waterverbruiksdoeltreffendheid.  相似文献   

12.
Uittreksel

Die benutting van gespaarde suurveld skep praktiese probleme. As gevolg van die ontwikkeling van hoë proteien‐ en stikstoflekke is dit nou moontlik om gespaarde veld af te wei. Verslag word gedoen van proewe oor drie winters vvaar gespaarde suurveld, òf deur skape, òf deur beeste afgewei is. Hergroei op hierdie veld die daaropvolgende somer is vergelyk met die hergroei van veld wat in die winter lig bewei of gladnie bewei is nie en dan in die lente skoongebrand of skoongesny is. Waar bevveiding nie te straf was nie, is daar geen aanduiding dat skoonwei nadeliger was as enige behandeling wat lentebrand ingesluit het. Temperatuurlesings is geneem en grondvogbebepalings is gedoen op beweide en onbeweide veld. Dit is opgemerk dat veld wat vroeg in die winter afgewei is, vroeg die daaropvolgende lente bot.  相似文献   

13.
Uittreksel

Drie tussenrybewerkingsmetodes, skeurploeg (40 — 50 cm diep) skoffel (5 — H) cm diep) en kontrole (geen bewerking) is gedurende die 1982/83 en 1983/84 groeiseisoene in ‘n bestaande lusernstand uitgevoer. Hierdie lusern was in 0,9 m rye gevestig. Tye van bewerking is subjektief bepaal. en faktore soos grondvog en onkruidindringing het hier ‘n rol gespeel.

Tussenrybewerking het droë massaproduksie merkbaar verhoog, maar die onderlinge verskilie tussen die twee tipes bewerking was nie betekenisvol nie. Die gunstige invloed van bewerking was veral opvallend in die 1982/83 seisoen toe die reënval baie laer as in die daaropvolgende seisoen was.

Gedurende die droë 1982/83 seisoen het bewerking ook betekenisvolle verskille, ten opsigte van vog‐ en ruproteïeninhoud, meegebring.  相似文献   

14.
Uittreksel

Afloopbane met ‘n helling van 4,13% is gebruik om die afloopverliese, fitomassaproduksie en waterverbruiksdoel‐treffendheid (WVD: Bogrondse fitomassa geproduseer in verhouding tot die evapotranspirasieverliese), van natuurlike veld in verskillende suksessiestadia vir die periode Julie 1977 tot Junie 1983 te monitor.

Hoogsbetekenisvolle verskille (P < 0,01) in afloopverliese tussen die klimaks‐, subklimaks‐ en pioniergrasbedekte afloopbane, het oor die proefperiode voorgekom. Onderskeidelik 1,01, 1,55 en 2,94% van die totale neerslag wat oordie ses jaar voorgekom het, het vanaf die klimaks‐, subklimaks‐en pioniergrasbedekkings afgeloop.

Die klimaksgrasbedekking wat die hoogste fitomassaproduksie oor die ses jaar gelewer het, het ‘n afname in produksie getoon soos wat die reenval tussen seisoene afgeneem het, terwyl die pioniergrasbedekking ‘n toename in fitomassaproduksie getoon het, met ‘n afname in reënval.

Die WVD van die klimaksgrasbedekking is onderskeidelik gemiddeld twee en vier keer (P < 0,01) meer doeltreffend as die subklimaks‐ en pioniergrasbedekking oor die ses jaar.  相似文献   

15.
Uittreksel

Die bogrondse groei van Medicago truncatula, cvv. Cyprus en Jemalong, M. aculeata var. inermis, cv. SA 4438, M. orbicularis, pv. SA 2552 en M. rugosa, cv. Paragosa, afkomstig van ‘n besproeide veldproef, is vir ruproteïen en vir in vitro‐ verteerbaarheid ontleed. Die betrokke genotipes is op drie verskillende plantdatums, c. 30 dae gespasieer, van einde Februarie tot einde April, gevestig, en die gedroogde materiaal wat aan die begin van blomstadium en met die aanvang van peulverkleuring versamel is, is ontleed.

Met blom het die proteïeninhoud gewissel van 12,8% by Paragosa, wat swak genoduleerd was, tot 27,9% by SA 2552. Die gemiddelde was 21,3%. Op die peulverkleurstadium was die gemiddelde 15,2%, met ‘n wisseling van 8,5% by Paragosa tot 19,4% by SA 4438. Planttyd het feitlik geen invloed op die persentasie gehad nie. Wat proteïen‐produksie betref, was daar, met die uitsondering van Paragosa, ‘n duidelike positiewe verband tussen groeiperiode en hierdie parameter. SA 4438 met 2,3t/ha het die hoogste proteïenopbrengs op die peulverkleurstadium gelewer.

Die afgeleide verteerbaarheid op die blomstadium was gemiddeld 77,4%, met ‘n wisseling van 75,1% by SA 2552 tot 80,6% by Paragosa. Met peulverkleuring was die gemiddelde 67,9%, met ‘n wisseling van 64,9% by Cyprus tot 70,0% by SA 2552. Die invloed van plantdatum was gering.  相似文献   

16.
Uittreksel

‘n Faktoriale veldbemestingsproef met drie peile van fosfor ‐ (0, 200 en 400 lb superfosfaat per morg per jaar) en vier peile van stikstofbemesting (0, 200, 400 en 600 lb amoniumsulfaat per morg per jaar) is oor ‘n période van elf jaar op twee veldsoorte, naamlik ‘n klimaks Themeda veld en ‘n pionier Eragrostis‐Aristida veld aan die Landbounavorsingsinstituut, Glen, bestudeer.

Oor die proefperiode het dit geblyk dat die twee veld‐soorte verskillend op stikstof‐ en fosforbemesting reageer en dat die beste responsie veral in jare met goeie reënval verkry is. Oor die algemeen het stikstofbemesting die hooi‐, proteïen‐ en fosforopbrengs van Themeda veld verhoog, maar ‘n retrogressiewe suksessie van die plantbedekking bewerkstellig. By die Eragrostis‐Aristida veld was die invloed van stikstofbemesting sterker as by eersgenoemde veldsoort, terwyl die plantsuksessie beyorder is.

Fosforbemesting as sodanig het weinig invloed gehad, behalwe in wisselwerking met stikstof, waar die opbrengste verhoog is.  相似文献   

17.
‘n Ondersoek op Stellenbosch met die oog op die moontlike benutting van eeniarige Medicago‐spesies in die sommerreëngebied word gerapporteer. In ‘n proef onder gekontroleerde toestande het langdagtoestande blominisiasi vervroeg en opbrengs verhoog, maar nie tot dieselfde mate by alle spesies en cultivars me. In ‘n someraanplanting onder besproeiing het dit geblyk dat spesies en cultivars ook in kouebehoefte vir blominisiasie verskil. Onder somerverbouing het beide gevoeligheid teenoor daglengte en kouebehoefte ‘n rol by opbrengs gespeel. Vroeë cultivars van Medicago truncatula en M. littoralis met min of geen kouebehoefte het normaal gegroei gedurende die somer en goeie opbrengste gelewer. Dit word besluit dat hierdie spesies behoorlik in die somerreëngebied getoets behoort te word.  相似文献   

18.
Uittreksel

Die potensiaal van Sporobolus fimbriatus as aangeplante weiding is ten opsigte van relatiewe groeitempo, kumulatiewe groei, droëmateriaalproduksie, weikapasiteit, blaar : stingel verhouding en kwaliteit (ruproteïen en verteerbaarheid) geëvalueer.

Die groeipatroon is tipies van ‘n tropiese grasspesie. Die droëmateriaalproduksie van onbeweide en beweide S. fimbriatus was gemiddeld 3 329 kg/ha en 2720 kg/ha onderskeidelik. ‘n Gemiddelde weikapasiteit van 4,22 ha/GVE/jaar is verkry. Die blaar : stingelverhouding het heelwat tussen seisoene verskil, terwyl die verhouding deurgaans meer gunstig onder snytoe‐stande as onder beweiding was. Beide die ruproteïeninhoud en verteerbaarheid van dieregeselekteerde plantmateriaal het feitlik deurgaans aan die behoefte van herkouers voldoen.  相似文献   

19.
Die resultate van ‘n studie van die reaksie van twee belangrike eenjarige weidingsgrasse van Suidwes‐Afrika, Schmidtia kalahariensis en Enneapogon cenchroides, teenoor verskillende omgewingsfaktore word gerapporteer. Verskille tussen die twee spesies ten opsigte van ligenergievereistes, lengte van die lewensiklus, voedingsbehoeftes, smaaklikheid (veroorsaak deur suurafskeidmg) en ontkiemingseienskappe is uitgewys. Dit is moontlik om hierdie verskille in verband te bring met die natuurlike verspreiding van die twee spesies.  相似文献   

20.
Uittreksel

Bogrondse droë massa‐opbrengste (DM) van Medicago truncatula, cvv. Cyprus en Jemalong, M. aculeata var. inermis, cv. SA 4438, M. orbicularis, cv. SA 2552 en M. rugosa, cv. Paragosa wat op ses verskillende datums gevestig is, is in ‘n veldproef onder besproeiing bepaal. Die plantdatums was c. 15 dae gespasieer, vanaf middel Februarie tot einde April, DM is op drie stadiums bepaal naamlik drie weke na opkoms, begin blomstadium en met die aanvang van peulverkleuring toe finale DM ongeveer bereik is. Uiteindelik is peul‐ en saadopbrengs ook bepaal.

Die DM op drie weke het in alle gevalle sterk afgeneem namate later geplant is en die temperature gedaal het, terwyl die opbrengs met blom en peulverkleuring grootliks bepaal is deur die tydsverloop vanaf plant tot die betrokke stadiums. Die gemiddelde finale DM oor die ses plantings was 11,5; 10,7; 8,4; 6,7 en 5,0 t/ha vir Jamalong, SA 4438, Cyprus, Paragosa en SA 2552 onderskeidelik. Die gemiddelde saadopbrengste het gewissel van 650 kg/ha by Paragosa tot 2460 kg by SA 2552.  相似文献   

设为首页 | 免责声明 | 关于勤云 | 加入收藏

Copyright©北京勤云科技发展有限公司  京ICP备09084417号