首页 | 本学科首页   官方微博 | 高级检索  
相似文献
 共查询到20条相似文献,搜索用时 31 毫秒
1.
Die invloed van al die kombinasies van twee intensiteite (3 en 6 cm ontblaringshoogtes) en twee frekwensies (een en vier keer per jaar) van ontblaring, is onder drie verskillende vogbehandelings, onder natuurlike veldtoestande, vir die periode Julie 1978 tot Junie 1981, ondersoek. Die invloed van die vog‐ en ontblaringsbehandelings is geëvalueer in terme van die basale bedekking, botaniese samestelling, fitomassaproduksie en waterverbruiksdoeltreffendheid (WVD: Is die fitomassa geproduseer in verhouding tot die evapotranspirasie).

Die verskillende vogbehandelings waaraan die veld onderwerp is, het meegebring dat daar aan die einde van die 1980/81‐seisoen hoogs betekenisvolle verskille in basale bedekking en botaniese samestelling tussen die drie vogbehandelings voorgekom het.

Vog toon die grootste invloed op weiveldproduksie van al die veranderlikes wat toegepas is. Die intensieteit en frekwensie van ontblaring het die produksie tot ‘n mindere mate beinvloed.

Die waterverbruiksdoeltreffendheid van die grasse onder vogbehandeling 1, naamlik normale reënval, het toegeneem met ‘n afname in ontblaringsintensiteit. Onder vogbehandeling 2, naamlik optimale grondvogtoestande, neem die WVD van die grasse toe met ‘n toename in ontblaringsfrekwensie. Hoe strawwer ontblaar is (3 cm hoogte in plaas van 6 cm hoogte) onder optimale grondvogtoestande, hoe hoër is die waterverbruiksdoeltreffendheid.  相似文献   

2.
Uittreksel

Die bogrondse groei van Medicago truncatula, cvv. Cyprus en Jemalong, M. aculeata var. inermis, cv. SA 4438, M. orbicularis, pv. SA 2552 en M. rugosa, cv. Paragosa, afkomstig van ‘n besproeide veldproef, is vir ruproteïen en vir in vitro‐ verteerbaarheid ontleed. Die betrokke genotipes is op drie verskillende plantdatums, c. 30 dae gespasieer, van einde Februarie tot einde April, gevestig, en die gedroogde materiaal wat aan die begin van blomstadium en met die aanvang van peulverkleuring versamel is, is ontleed.

Met blom het die proteïeninhoud gewissel van 12,8% by Paragosa, wat swak genoduleerd was, tot 27,9% by SA 2552. Die gemiddelde was 21,3%. Op die peulverkleurstadium was die gemiddelde 15,2%, met ‘n wisseling van 8,5% by Paragosa tot 19,4% by SA 4438. Planttyd het feitlik geen invloed op die persentasie gehad nie. Wat proteïen‐produksie betref, was daar, met die uitsondering van Paragosa, ‘n duidelike positiewe verband tussen groeiperiode en hierdie parameter. SA 4438 met 2,3t/ha het die hoogste proteïenopbrengs op die peulverkleurstadium gelewer.

Die afgeleide verteerbaarheid op die blomstadium was gemiddeld 77,4%, met ‘n wisseling van 75,1% by SA 2552 tot 80,6% by Paragosa. Met peulverkleuring was die gemiddelde 67,9%, met ‘n wisseling van 64,9% by Cyprus tot 70,0% by SA 2552. Die invloed van plantdatum was gering.  相似文献   

3.
‘n Eenvoudige tegniek word beskryf waarvolgens die benutting van individuele grasspesies deur beweiers vasgestel kan word, deur middel van puntopnames in die veld, Hierdie metode is veral geskik om die relatiewe smaaklikheid (benutting) van verskillende spesies op verskillende veldtipes, ekologiese omgewings, behandelings van faktoriale proewe, ens., te vergelyk.

Interessante resultate is behaal deur ‘n opname wat onlangs op die Bankenveld uilgevoer is Die proef bestaan uit ‘n 33 gestrengelde faktoriale uitleg. Veranderlikes behels : 3 veeladings, 3 peile van slikstofbemesting en 3 peile van ander bemestingstowwe. ‘n Vyfkampstelsel is op elke behandeling toegepas. Dour middel van die opnamedate was dit moontlik om die verskillende spesies in ‘n rangorde van benutting (d.w.s. relatiewe smaaklikheid) le plaas. Die persentasie benutting en gemiddelde hoogte van benutting, is vir individuele spesies sowel as vir behandelings bepaal. Die invloed van bebandelings op die benutbaarheid van spesies onder die verskillende hoofeffekte en inleraksies kan duidelik. uitgewys word.  相似文献   

4.
‘n Ondersoek op Stellenbosch met die oog op die moontlike benutting van eeniarige Medicago‐spesies in die sommerreëngebied word gerapporteer. In ‘n proef onder gekontroleerde toestande het langdagtoestande blominisiasi vervroeg en opbrengs verhoog, maar nie tot dieselfde mate by alle spesies en cultivars me. In ‘n someraanplanting onder besproeiing het dit geblyk dat spesies en cultivars ook in kouebehoefte vir blominisiasie verskil. Onder somerverbouing het beide gevoeligheid teenoor daglengte en kouebehoefte ‘n rol by opbrengs gespeel. Vroeë cultivars van Medicago truncatula en M. littoralis met min of geen kouebehoefte het normaal gegroei gedurende die somer en goeie opbrengste gelewer. Dit word besluit dat hierdie spesies behoorlik in die somerreëngebied getoets behoort te word.  相似文献   

5.
Uittreksel

‘n Oorhoofse roterende rcënvalnabootscr is gebruik orn numericse waardes vir sekere faktore van die universele gronderosi‐evcrgelyking vas te stel. Alhocwei dit tydens hierdie Studie nodig was om sekere belangrike aannames te maak, het die afgeleide data betekenisvol ooreengestem met die reënvalnabootserrcsultate. Dit het veral betrckking op gronderodeerbaarheid en die bedekking en bestuursfaktor.

‘n Voorbeeld vir die gebruik van die universele gronderosievergelyking vir die beraming van grondverliese onder natuurlike veldtoestande, word uiteengesit. Die berekende grondverlies vanaf ‘n pioniergrasbedekking (2% basale bedekking) op ‘n Huttongrondvorm en ‘n 4% helling in die Sentrale Oranje‐Vrystaat, bedra tot 3,86 t/ha/jaar teenoor slegs 0,61 t/ha/jaar vanaf ‘n klimaksbedekking (6% basale bedekking) op dieselfdc helling en grondvorm. Die berekende grondverliese vanaf ‘n Hutton‐ en Valsriviergrondvorm het nie betekenisvol van mekaar verskil nie.  相似文献   

6.
Uittreksel

Bogrondse droë massa‐opbrengste (DM) van Medicago truncatula, cvv. Cyprus en Jemalong, M. aculeata var. inermis, cv. SA 4438, M. orbicularis, cv. SA 2552 en M. rugosa, cv. Paragosa wat op ses verskillende datums gevestig is, is in ‘n veldproef onder besproeiing bepaal. Die plantdatums was c. 15 dae gespasieer, vanaf middel Februarie tot einde April, DM is op drie stadiums bepaal naamlik drie weke na opkoms, begin blomstadium en met die aanvang van peulverkleuring toe finale DM ongeveer bereik is. Uiteindelik is peul‐ en saadopbrengs ook bepaal.

Die DM op drie weke het in alle gevalle sterk afgeneem namate later geplant is en die temperature gedaal het, terwyl die opbrengs met blom en peulverkleuring grootliks bepaal is deur die tydsverloop vanaf plant tot die betrokke stadiums. Die gemiddelde finale DM oor die ses plantings was 11,5; 10,7; 8,4; 6,7 en 5,0 t/ha vir Jamalong, SA 4438, Cyprus, Paragosa en SA 2552 onderskeidelik. Die gemiddelde saadopbrengste het gewissel van 650 kg/ha by Paragosa tot 2460 kg by SA 2552.  相似文献   

7.
Uittreksel

Plantopnames is gedurende 1970 tot 1985 in die Kalahari‐duineveld (Acocks, 1975; Veldtipe no. 16a4) op die proefboerdery‐eenheid Massakloutjie in Noordwes‐Kaapland onderneem. Reënval het gedurende die proefperiode gewissel tussen 111 mm (1982–83) en 593 mm (1973–74). Die totale basale plantebedekking het gevarieer van 2,39 % (1983) tot 6,17 % (1977). Die voorkoms van periodes met hoë en lae reënval word weerspieël in die botaniese samestelling van die duineveld.

Groep A spesies (afnemers/hooggewenstes) vorm die dominante komponent (tot 90 %) gedurende ‘n droë siklus, weens ‘n groter droogtebestandheid. In ‘n nat siklus vermeerder die Groep B, C en D spesies (toenemers/minder gewenstes en onge‐wenstes) vinniger as die Groep A spesies en maak tot soveel as 50 % van die botaniese samestelling uit. Weens die sikliese aard van die botaniese samestelling (relatiewe bedekking) vorm absolute bedekking van spesiegroepe ‘n meer betroubare maatstaf van relatiewe veldtoestand as botaniese samestelling. Geskikte plantopnametegnieke vir die Kalahari‐duineveld word be‐spreek. Daar is aangetoon dat onder ‘n realistiese veelading ‘n ekonomies vatbare veeboerdery in die duineveld bedryf kan word, sonder dat die hulpbron beskadig word.  相似文献   

8.
Die waarskynlike optimum makrovoedingselementpeile vir Cenchrus ciliaris cv. Molopo, in dpm, deur middel van sandkultuurstudies bepaal, is: N‐140, P‐31, K‐130, S‐6, Ca‐20 en Mg‐5. Die cultivar is die gevoeligste vir tekorte aan N, P, K en S. Hoë Ca‐ (600 dpm) en Na‐konsentrasies (500 dpm by opkomende saailinge en 1 000 dpn. na die 4‐blaarstadium) het verlaagde produksie (in die geval van Ca en Na) en hoë saailingverliese (in die geval van Na) tot gevolg gehad. N, P en moontlik ook S, is die beperkende elemente tot verhoogde produksie op ‘n grond van die Bontbergserie (Huttonvorm). In die Vivo‐Dendron‐omgewing is DM‐opbrengs betekenisvol verhoog deur N, maar nie deur P nie. Grondbewerking tussen die rye het DM‐opbrengs betekenisvol vanaf die tweede groeiseisoen op droëland verhoog, maar nie onder besproeiing nie.  相似文献   

9.
UITTREKSEL

‘n Proef is uitgevoer om die uitwerking van ‘n hoë veedigtheid vir ‘n kort periode op die benutting van 11 spesies in die Sentrale Hoër Karoo te bepaal. Benutting is bepaal deur die droë massa van 50 plante per spesie voor en na beweiding te vergelyk. Die resultate het getoon dat die persentasie benutting van 12,9 tot 89,0 persent gewissel het. Beweiding met ‘n hoë veedigtheid vir ‘n kort periode word nie gesien as ‘n geskikte benuttingspraktyk vir die betrokke veld nie.  相似文献   

10.
Uittreksel

‘n Faktoriale veldbemestingsproef met drie peile van fosfor ‐ (0, 200 en 400 lb superfosfaat per morg per jaar) en vier peile van stikstofbemesting (0, 200, 400 en 600 lb amoniumsulfaat per morg per jaar) is oor ‘n période van elf jaar op twee veldsoorte, naamlik ‘n klimaks Themeda veld en ‘n pionier Eragrostis‐Aristida veld aan die Landbounavorsingsinstituut, Glen, bestudeer.

Oor die proefperiode het dit geblyk dat die twee veld‐soorte verskillend op stikstof‐ en fosforbemesting reageer en dat die beste responsie veral in jare met goeie reënval verkry is. Oor die algemeen het stikstofbemesting die hooi‐, proteïen‐ en fosforopbrengs van Themeda veld verhoog, maar ‘n retrogressiewe suksessie van die plantbedekking bewerkstellig. By die Eragrostis‐Aristida veld was die invloed van stikstofbemesting sterker as by eersgenoemde veldsoort, terwyl die plantsuksessie beyorder is.

Fosforbemesting as sodanig het weinig invloed gehad, behalwe in wisselwerking met stikstof, waar die opbrengste verhoog is.  相似文献   

11.
Uittreksel

Evapotranspirasie in drie plantgemeenskappe van ‘n R. trichotomum habitat, naamlik, suiwer gras, suiwer R. trichotomum en ‘n gemengde stand van R. trichotomum en gras is gedurende die 1985–86 groeiseisoen bestudeer. Drie persele van elke plantgemeenskap is hidrologies geisoleer, besproei en die grondwaterinhoud is oor tyd met ‘n neutronvogmeter gemeet. Evapotranspirasie is met behulp van die grond water balansvergelyking bereken.

Die grasgemeenskap het gedurende die groeiseisoen deurgaans meer water verbruik as die R. trichotomum gemeenskap. Die waterverbruik van ‘n digte stand R. trichotomum is wel hoog genoeg om die vestiging van grasse onder normale reënvaltoe‐stande feitlik onmoontlik te maak.

Die onderdrukkende effek van R. trichotomum op grasproduksie, asook van ‘n digte grasstand op die groei van R. trichotomum word bespreek.  相似文献   

12.
Uittreksel

‘n Oorhoofse roterende reënvalnabootser is gebruik om die sediment‐ en afloopverliese vanaf natuurlike veld in verskillende suksessiestadia en teen verskillende hellings te bepaal.

Soveel as 94,34% van die toegediende hoeveelheid water en 5,74 t/ha sediment het verlore gegaan vanaf ‘n pionierbedekte veld met ‘n 2,42% helling. Die basale bedekking het van al die veranderlikes betrokke, die grootste bydrae tot afloopverliese gelewer, terwyl die helling ‘n nie‐betekenisvolle rol gespeel het. Beide basale bedekking en helling het ‘n betekenisvolle (P < 0,05) invloed op die hoeveelheid sedimentverliese, vanaf natuurlike veld gehad.

‘n Hoogsbetekenisvolle verwantskap tussen basale bedekking met sediment‐ (r2 = 0,68) en afloopverliese (r2 = 0,69) is verkry, terwyl die helling geen betekenisvolle verwantskap met sediment‐ en afloopverliese getoon het nie.  相似文献   

13.
Uittreksel

Die produksie en kwaliteit van vyf spesies (Themeda triandra, Heteropogon contortus, Digitaria eriantha var. pentzii, Schmidtia pappophoroides en Eragrostis rigidior) is by verskillende frekwensies van ontblaring op ontbosde en onontbosde bosveld gemeet. In die daaropvolgende jaar is intensiteit bygebring met minder frekwensies en is die spesies na drie verminder (H. contortus, D. eriantha var. pentzii, en S. pappophoroides).

Ontbossing het by al die spesies, behalwe D. eriantha var. pentzii ’n hoogsbetekenisvolle verhoging in produksie tot gevolg gehad, sonder enige noemenswaardige invloed op kwaliteit.

Die spesies het verskil in hul reaksie op frekwensie van ontblaring, maar die 3‐ weeklikse en jaarlikse ontblarings het byna deurgaans swakker as die 6‐ en 9‐weeklikse onblarings presteer.

Alhoewel die spesies aanvanklik in twee groepe verdeel en aan verskillende stelle ontblaringsintensiteite onderwerp is, het die intensiteit wat 12 cm Stoppel laat, in alle gevalle die hoogste produksie gelewer.  相似文献   

14.
Uittreksel

‘n Proef is uitgevoer om die uitwerking van grondbewerking en die insaai van Eragrostis curvula op die plantkundige samestelling van erg‐vernielde veld vas te stel. Grondbewerking en insaaiing was uitgevoer vóór sowel as gedurende die reënseisoen. Die vernaamste resultate het aangedui dat grondbewerking vóór reën ‘n nadelige uitwerking op die veld het. Gedurende die reënseisoen kan ‘n tandimplement, in kombinasie met die insaai van E. curvula, suksesvol aangewend om erg‐vernielde veld te herbedek.  相似文献   

15.
Uittreksel

In die Robertson‐Karoo word agt plantegemeenskappe onderskei. Kwantitatiewe plantopnames is in al die gemeenskappe gemaak. Sukkulente soorte maak vandag ‘n groot deel van die plantgroei uit. Die plantegemeenskappe is baie stabiel na indringing van sukkulente wat dan min of meer permanent dominant bly. ‘n Lae persentasie van die plantgroei word deur diere gevreet. In die somermaande ‘kom min vreetbare materiaal in die veld voor teenoor ‘n groter hoeveelheid in die winter en lente. Vanaf die laat herfs (Mei) tot die einde van die lente (Okrobeir) is die veld kwesbaar teenoor beweiding omdat blaarontwikkeling en blomvorming plaasvind. Suksesvolle vestiging van kunsmatiggesaaide vreetbare Osteospermum sinuatum wek groot verwagting ten opsigte van radikale veldverbetering.  相似文献   

16.
Uittreksel

‘n Statistlesbeplande veldherwinningsproef word tans in ‘n droogtebeskadigde gebied van die Soetbosveld van Transvaal uitgevoer op ontblote veld met ‘n gemiddelde reënval van 475 mm (19 duim) per jaar. Een aspek wat on‐dersoek word, is die invloed van verskillende grondbehandelings op die vestiging en produktiwiteit van ingesaaide grasse. Na afloop van die eerste groeiseisoen is 10 persent van al die behandelde bane gemonster om sowel die vestiging en hooi‐opbrengs as die plantkundige samestelling te bepaal. Die verskeie behandelings het verskillende in‐vloede op die vestiging, produktiwiteit en samestelling van die graspopulasies op die behandelde bane gehad. Behandelings wat behels het: insaai van saad, en òf losmaak van die grond òf voorsiening van ‘n bedekking van gekapte takke, het die voordeligste uitwerking gehad.  相似文献   

17.
Uittreksel

Daar bestaan ‘n dringende behoefte aan ekonomies geregverdigde kostes wat as riglyne kan dien vir bosbeheer in die Molopo‐gebied. In hierdie referaat word so ‘n bedrag beraam.

Navorsing het bewys dat bosverdigting, benutbare veldproduksie vir beeste laat afneem met ongeveer 970 kg droe materiaal per hektaar. Dit het ‘n afname in weidingskapasiteit van 8,7ha/GVE tot 45,8 ha/GVE tot gevolg.

Met hierdie inligting as uitgangspunt, is ‘n ekonomiese ontleding van bosbeheer teen verskillende bosdigthede gedoen.

Inkomste (11,76 %) en koste (15,68 %) is jaarliks vir 20 jaar aangepas en is vir dieselfde periode verdiskonteer na netto huidige waarde teen ‘n koers van 12 %. ’n Rekenaarmodel is ontwikkel om te bepaal hoeveel koste aangegaan kan word om bos teen verskillende digthede en oor verskillende effektiewe behandelingsleeftye te beheer.  相似文献   

18.
Uittreksel

Speenkalfproduksie op droëland Cenchrus ciliaris‐weiding is by drie veeladings onder aanhoudende beweiding ondersoek (1978–83). Verskille in beskikbare bogrondse fitomassa (BBF), speenmassa en die ekonomie van speenkalfproduksie word bespreek.

Die BBF het afgeneem met verhoogde veeladings en die proefdiere by die hoë en medium veelading moes gemiddeld 90 en 33 dae/jaar onderskeidelik van die weiding onttrek word. In seisoene met bogemiddelde reënval is die hoogste speenkalfpro‐duksie/ha by die hoë veelading verkry, gevolg deur die medium en lae veelading. Die teenoorgestelde is in droë seisoene waargeneem. ‘n Veelading van 1,77 ha/GVE met ‘n speenkalfproduksiestelsel onder aanhoudende beweiding het geblyk die optimum ekonomiese veelading te wees.  相似文献   

19.
Uittreksel

‘n Ondersoek is uitgevoer om die hoeveelheid en verspreiding van lignien in drie grassoorte na te gaan. Twee klimaksgrasse, Themeda triandra, en Cymbopogon plurinodis en een pioniergtas, Eragrostis lehmanniana is gebruik. Monsteis van die grassoorte se blare is gedurende vier groeistadiums geneem en monsters van die stingels is gedurende vier groeistadiums by twee posisies op die stingel geneem. Gekleurde snitte is van die blare en stingels gemaak en die persentasie lignien van elke snit is bepaal. Die lignieninhoud van die blare en stingels van Themeda, Cymbopogon en Eragrostis vermeerder namate die plant ouer word. Die blare en stingels van Eragrostis besit gedurende die meeste stadiums meer lignien as die blare en stingels van Themeda en Cymbopogon.  相似文献   

20.
Uittreksel

Afloopbane met ‘n helling van 4,13% is gebruik om die afloopverliese, fitomassaproduksie en waterverbruiksdoel‐treffendheid (WVD: Bogrondse fitomassa geproduseer in verhouding tot die evapotranspirasieverliese), van natuurlike veld in verskillende suksessiestadia vir die periode Julie 1977 tot Junie 1983 te monitor.

Hoogsbetekenisvolle verskille (P < 0,01) in afloopverliese tussen die klimaks‐, subklimaks‐ en pioniergrasbedekte afloopbane, het oor die proefperiode voorgekom. Onderskeidelik 1,01, 1,55 en 2,94% van die totale neerslag wat oordie ses jaar voorgekom het, het vanaf die klimaks‐, subklimaks‐en pioniergrasbedekkings afgeloop.

Die klimaksgrasbedekking wat die hoogste fitomassaproduksie oor die ses jaar gelewer het, het ‘n afname in produksie getoon soos wat die reenval tussen seisoene afgeneem het, terwyl die pioniergrasbedekking ‘n toename in fitomassaproduksie getoon het, met ‘n afname in reënval.

Die WVD van die klimaksgrasbedekking is onderskeidelik gemiddeld twee en vier keer (P < 0,01) meer doeltreffend as die subklimaks‐ en pioniergrasbedekking oor die ses jaar.  相似文献   

设为首页 | 免责声明 | 关于勤云 | 加入收藏

Copyright©北京勤云科技发展有限公司  京ICP备09084417号